Die slanke bolplant word slegs sowat 35 cm hoog. Blare is baie smal (lintvormig) tot swaardvormig met effens verdikte rande. Hulle is korter as die blomsteel.
Blomme is in ’n lang, onvertakte rits gerangskik en helder oranje. Die blomdekbuis is lank en dun. Skutblare is ongeveer 20 mm lank.
Watsonia meriana
Beskrywing
Blomtyd
Blomkleur
Bewaringstatus
Bedreigings
Habitat en gebied
Vind hierdie spesie by:
Meer oor
Ekologie
Deel van die genus
Ander spesies in hierdie familie:
Watsonia schlechteri
’n Bolplant wat tot 1 m hoog word. Blare is smal, swaardvormig en het verdikte rande.
Blomme is in ’n enkele lang rits gerangskik en helder oranje-rooi. Die blomdekbuis is lank, tot 50 mm. Kroonblare is breed. Skutblare is tot 30 mm lank en omsluit die onderste deel van die blomdekbuis.
Hierdie Watsonia blom gewoonlik later as die ander spesies in die genus. Dit groei teen droë klipperige hellings, dikwels tussen rotse waar hulle knolle nie so maklik deur bobbejane of ystervarke uitgegrawe kan word nie. Juis omdat hulle tussen die klippe groei, groei hulle meestal een-een en nie in groepe soos baie ander Watsonias nie.
Watsonia coccinea
’n Bolplant wat net 40 cm hoog word.
Blare is swaardvormig en smal.
Blomme is in ’n ylerige rits gerangskik en is pienk, pers of rooi. Die blombuis is lank en dun, die nek effens wyer.


