Bruniaceae

Berzelia ecklonii

Kogelberg kolkol
Ecklonii verwys na die Duitse plantkundige, Hans Ecklon, wat ’n groot bydrae gelewer het tot die beskrywing van die flora van suidelike Afrika.

Beskrywing

Kompakte plant met takke wat 1 – 2 m hoog uitsprei. Die smal blink blare is diggepak om vertakkende stamme. Die individuele klein buisvormige blommetjies is dig saamgepak in ’n 1 – 2 cm bolvormige bloeiwyse. Die bloeiwyses verskyn in trosse aan die punte van die stamme. Die plant is brandbestand en herspruit geredelik vanuit die ondergrondse stamvoet.

Blomtyd

Sep, Okt, Nov

Blomkleur

Wit

Bewaringstatus

Seldsaam

Bedreigings

Habitat en gebied

Endemies in die Wes-Kaap veral in goedgedreineerde sanderige areas teen sandsteenberghange tussen Grabouw en Pringlebaai.

Vind hierdie spesie by:

12

Meer oor

Berzelia ecklonii

Ekologie

Bestuiwing deur bye en skoenlappers.

Deel van die genus

Berzelia
Bruniaceae
Bruniaceae is ’n familie wat net in Suid-Afrika voorkom, die meeste in die Kaapse blomstreek en een spesie in KZN. Al die spesies in die familie het klein, harde, erikoïede blare wat hulle in staat stel om die warm, droë somers van die streek te oorleef. Die blomkoppe is digte trosse met tot 400 individuele blommetjies saamgepak in bolvormige bloeiwyses. In die Kleinmond-omgewing is daar drie genera, Berzelia, Brunia en Staavia.

Ander spesies in hierdie familie:

Staavia radiata

Staavia radiata

’n Ronderige struikie, 60 – 90 cm. Die groen blare is smal, naaldvormig en 4 – 7 mm lank. Jong takkies en blaartjies is bedek met fyn haartjies. Ouer takke is houtagtig. Die wit tot liggeel skutblare wat uitsprei rondom die pienk diggepakte buisvormige blommetjies laat die 30 – 50 mm blomkoppe soos magrietjies lyk. Die blomme verskyn aan die punte van die stamme. Die hoofstam is houtagtig en verskuil onder die grond. Die plant is dus redelik brandbestand en herspruit weer vinnig na brandskade. Dit lyk asof dit “vir altyd” blom omdat die wit skutblare oorbly lank nadat die blomme reeds dood is, vandaar die volksnaam.

Brunia paleacea

Brunia paleacea

Digte ronde struik met baie vertakkings tot 1 m hoog. Smal driehoekige, bykans haarlose blare, buig inwaards, sit styf teen die stingel en is 3 – 6 mm lank. Brandbestand, herspruit vanuit ondergrondse stamvoet. Roomkleurige blomme, elkeen geset in ’n blomkrans van opsigtelike smal wit tot pienk skutblare tot 7 mm in deursnee. Verskyn in trosse op die punte van stingels wat uit die hoofstam vertak.

Brunia noduliflora

Brunia noduliflora

’n Ronderige immergroen struik tussen 0.6 en 1.5 m hoog. Die takkies is bedek met fyn haartjies en 2 – 3 mm naaldagtige blare wat diggepak plat teen die takkies lê. Die wit, welriekende, bolvormige blomkoppe (10 mm deursnit) verskyn kort na die eerste winterreëns in trosse op die punte van takke wat van verskillende plekke op die stamme uitspruit. Na blomtyd val die blomme af en laat die grysbruin vruggies agter wat vir ’n paar jaar op die bos kan bly. Die plant is brandbestand omdat dit na brandskade herspruit uit die ondergrondse houtagtige stamvoet.