IRIDADEAE

Chasmanthe floribunda

Piempiempie, rooikanol, kobralelie
Chasmanthe, van die Grieks khasma (wawyd oop) en anthos (blom), verwys na die vorm van die kroonblare. Floribunda, van Latyns floris (blom) en abundantia (volop), verwys na die oorvloed blomme of blomme wat vir ’n lang tyd blom.

Beskrywing

Blomstele word tot 1,2 meter hoog en is regop en gewoonlik vertak. Dertig tot veertig blomme groei in ’n dubbele rits op die blomsteel. Die boonste deel van die blombuis is oranje, die onderste deel lig oranje of geel. Die blomdek is ’n buis wat geleidelik oopgaan; die boonste helfte is wyd oop. Die boonste (dorsale) kroonblaar is ongeveer 5 mm langer as die onderstes en lepelvormig. Plante verkies koel temperature met matige reën in die winter en droë of goedgedreineerde grond in die somer wanneer hulle dormant is. Saad is rond tot effens hoekig en helder oranje met ’n gladde dop.

Blomtyd

Jul, Aug, Sep

Blomkleur

Oranje, Rooi, Geel

Bewaringstatus

Lae risiko

Bedreigings

Die plant is volop langs die suidwestelike en suidelike kus van Suid-Afrika.

Habitat en gebied

Sandsteen en granietgrond langs die kus en teen berghellings naby die kus. Vanaf Namakwaland kuslangs tot Hermanus.

Vind hierdie spesie by:

3, 6

Meer oor

Chasmanthe floribunda

Ekologie

Die lang buis van die blom, groot hoeveelheid nektar en oranje kleur dui aan dat dit aangepas is om deur suikerbekkies bestuif te word. Hulle word veral besoek deur die kleinrooibandsuikerbekkie (Cinnyris chalybeus). Die saad word deur voëls versprei, wat eintlik net die doppie van die saadhuisies vreet.

Deel van die genus

Chasmanthe
Immergroen, meerjarige bolplante. Die risoom kan kort of lank wees. Blare is gewoonlik swaard- tot naaldvormig, soms rond. Hulle het altyd ’n skerp punt. Blomme is dikwels sittend (sonder blomsteeltjies) en meestal helder blou. ’n Mens kry ook ligblou, lila en wit blomme. Blomme gaan vroeg soggens oop en verlep in die namiddag. Kelkblare spiraal in mekaar wanneer die blom verlep. Nektar is reukloos. Meeldrade is regop en los van mekaar. Aristea kom voor van Suid-Afrika tot in Senegal en Ethiopië, met sewe spesies in Madagaskar. Die meeste spesies (ongeveer 50) kom in die winterreënvalstreke van Suid-Afrika voor, 32 daarvan in die Wes-Kaap. Hier word blomme gestimuleer deur vuur.
IRIDADEAE
Dit is ’n groot familie meerjarige plante, baie met pragtige, opsigtelike blomme. Blare groei gewoonlik vertikaal tot die stam en omsluit die blomsteel by die basis daarvan. Baie spesies se blare het ’n verdikte hoofaar. Blomme word ’n klein trossies of in ’n rits gerangskik. Daar is meestal ses kroonblare, almal ewe groot of van verskillende groottes, met die boonstes (dorsale kroonblare) gewoonlik groter as die res. Baie is helderkleurig met kenmerkende strepe of kolle. Baie eindig in ’n buis, en baie hou net vir een dag. Baie is welriekend. Saad is dikwels in ’n droë saadhuis wat aan drie kante oopskiet om die sade vry te stel. Daar is wêreldwyd ongeveer 65 genera in die familie met 1800 spesies. In die Kaapse blomstreek is daar al 27 genera opgeteken met 707 spesies. Die meeste spesies verkies klipperige leemgrond, aangesien dit dreinering verbeter. Party groei ook in vleie en selfs in sand. Hulle word gevind van die hoogwatermerk tot ’n hoogte van meer as 3 000 m. Die grootste genera is Gladiolus, Iris en Moraea (almal met meer as 200 spesies). Baie spesies kom in ’n baie klein gebied voor, en stedelike en landbou-ontwikkeling hou vir hulle ’n groot bedreiging in. Die naam IRIDACEAE is in 1753 deur Linaeus toegeken en verwys na die Griekse godin Iris wat met die reënboog afgegly het om boodskappe van die berg Olimpus na die aarde te neem. Die baie kleure van hierdie familie het Linaeus klaarblyklik aan die reënboog laat dink. Die meeste IRIDACEAE verkies ’n klimaat met ’n droë of koue seisoen wanneer die bolle dormant is. Die meeste verloor hul blare in daardie seisoen. Immergroen spesies is beperk tot areas met baie reën of wat deur die jaar klam is. Die blare en stam sterf wanneer die bol dormant is. Die bol kan in tye wat nie geskik is vir groei nie (soos droogte of brande) ondergronds oorleef. Sodra die eerste reën na ’n brand of droogte val, verskyn die plante weer bogronds; trouens baie is op hulle beste en blom op hul weligste na ’n brand.

Ander spesies in hierdie familie:

Watsonia stenosiphon

Watsonia stenosiphon

Die slanke bolplant word slegs sowat 35 cm hoog. Blare is baie smal (lintvormig) tot swaardvormig met effens verdikte rande. Hulle is korter as die blomsteel.
Blomme is in ’n lang, onvertakte rits gerangskik en helder oranje. Die blomdekbuis is lank en dun. Skutblare is ongeveer 20 mm lank.

Watsonia schlechteri

Watsonia schlechteri

’n Bolplant wat tot 1 m hoog word. Blare is smal, swaardvormig en het verdikte rande.
Blomme is in ’n enkele lang rits gerangskik en helder oranje-rooi. Die blomdekbuis is lank, tot 50 mm. Kroonblare is breed. Skutblare is tot 30 mm lank en omsluit die onderste deel van die blomdekbuis.
Hierdie Watsonia blom gewoonlik later as die ander spesies in die genus. Dit groei teen droë klipperige hellings, dikwels tussen rotse waar hulle knolle nie so maklik deur bobbejane of ystervarke uitgegrawe kan word nie. Juis omdat hulle tussen die klippe groei, groei hulle meestal een-een en nie in groepe soos baie ander Watsonias nie.

Watsonia meriana

Watsonia meriana

Die bolplant word tussen 60 cm en 2 m hoog. Daar is soms klein knolletjies by die nodusse.
Blare is swaardvormig, het gewoonlik verdikte rande en is tussen 2 en 3,5 cm wyd.
Blomme is in ’n lang rits gerangskik en kan rooi tot oranje of pienk tot pers wees. Die blomdekbuis is tot 5 cm lank en buisvormig aan die bokant. Skutblare is meestal ongeveer 2 tot 3 cm lank.